01 June 2011

Listening without Prejudice

Hallo almal,
Met die vorige byeenkoms van Grey Matters (23 Mei 2011) het ons die waardes wat ons laas in ons groepies bespreek het voorgelê aan die groter groep in die vorm van poësie, aanhalings, films, ens. Hierdie was almal waardes wat ons sou wou hê die groep moes uitleef. Ek en Gert het laas gesels, en die waarde wat hy sou wou hê die groep moes uitleef is net om te kan luister na mekaar sonder dat ons vooroordele die luisterproses beïnvloed, d.w.s. “listen without prejudice”.
Vir my was daar drie aanhalings wat my spesifiek gehelp het om te verwoord presies wat dit vir ons beteken in die groep:
“Democratic forms of government are vulnerable to mass prejudice, the so-called tyranny of the majority” (Maggie Gallaher)
“The test of courage comes when we are in the minority. The test of tolerance comes when we are in the majority.” (Ralph W. Sockman)
“Our thoughts are unseen hands shaping the people we meet. Whatever we truly think them to be, that’s what they’ll become for us.” (Richard Cowper)
Die eerste twee aanhalings het vir my gegaan oor die tipe vooroordele wat die groter meerderheid in die groep algemeen sal voorkom. Terwyl nie almal in die groep in die NG tradisie grootgeword het nie sal die groter meerderheid van ons se vooroordele wel die invloed van ʼn NG “opvoeding” toon. In daardie lig het ek die toepassing van die aanhalings op ons as groep interpreteer as volg – omdat meeste van ons in die NG kerk grootgeword het en die vooroordele van dié instansie geërf het, besit ons die “mass prejudice … the tyranny of the majority”. Dus sal ons as ons na mekaar luister moet in ag neem dat net omdat meeste mense in die groep dalk op ʼn sekere manier dink, dit nie die opinie van die minderheid ongeldig maak nie. Boonop sal ons ook soms onder die "tyranny of the majority" kan deurloop, want baie van ons voel juis soms ongemaklik in die kerk omdat ons opinie nie klop met wat ons geleer was in die kerk nie. In daardie opsig sal ons self soms in die minderheid wees. Wanneer ons die vooroordele van die meerderheid deel beleef ons juis die “test of tolerance”, en moet ons respek hê vir die feit dat die persoon wat praat moontlik besig is met die “test of courage”, omdat hul opinie dalk teen ons vooroordele indruis.
Die derde aanhaling beeld die manier uit hoe ons terwyl iemand praat nie werklik besig is om te luister na wat hulle sê nie, omdat ons vooroordele veroorsaak het dat ons dink ons weet klaar wat hulle besig is om te sê. Die uitdaging is dan om ons vooroordele te ignoreer en werklik na hul te luister, anders “whatever we truly think them to be, that’s what they’ll become for us”.
As ʼn visuele uitbeelding van “listening without prejudice”, hier is ʼn voorbeeld van “painting by numbers” wat ek op die internet gevind het.



(Elke blokkie het ʼn nommer wat ooreenstem met een van die kleure in die prentjie, die idee is dan dat jy elke blokkie verf in die ooreenstemmende kleur as die nommer.)
Op die ou end het mens ʼn prentjie wat min of meer so lyk:

Vir my is ons soos die eerste prent wanneer ons na iemand luister – ons probeer om te luister sonder dat ons hul standpunt oordeel of verdraai, maar ons vooroordele is altyd daar soos lyne wat konsepte in bekende kampies wil jaag, en ons probeer konstant alles wat ons hoor inpas binne die lyne van wat ons klaar weet. As ons in ons koppe dink “hondjie” terwyl iemand praat, maar hulle probeer eintlik “panda” sê, gaan ons of dink “Nee, dis ʼn hond, hoe kan hul sê dis ʼn panda?!”, of “Hulle sê ‘hond’, maar eintlik bedoel hulle seker ‘panda’”. Beide interpretasies verhoed ons dan om werklik in te neem wat die persoon sê.
So dis my interpretasie J Ek’s seker daar is alternatiewe!
Groete tot die 2e,
Fran

1 comment:

  1. I felt this one quite deeply, thank you Fran.

    Just don't forget that it works both ways :)

    ReplyDelete