04 September 2012

Ek Glo...


’n Mens kry dikwels die ervaring dat ’n geloofsbelydenis iets is soos ’n ‘check-list’.  Indien jy genoeg regmerkies het, bevestig dit dat jy wel ’n Christen is – dat jy wel glo:  “Sjoe!”  Sê ons verlig, “my saak is darem reg met die Here.  Ek is darem OK...”

Maar wat gebeur as jy nie jou merkie agter elke stelling kan maak nie?  Wat gebeur as jy die toets dop?  Waar pas jy dan in?  Hoe staan jou “saak” dan?

 
Oor die volgende paar maande gaan Grey Matters op reis om saam te ontdek waarin ons vertrou.  Ons wil die eeue-oue gebruik van geloofsbelydenis weer besoek en oorweeg hoe dit ons kan help om nuut uitdrukking te gee aan ons diepste oortuigings.  Ons beweeg weg van lysies wat mense uitsluit om in ware Grey Matters styl eerder by mekaar te leer en na ’n dieper besef van die lewe in al sy grysheid te groei.

Die eerste byeenkoms van hierdie nuwe reeks vind hierdie Donderdagaand, 6 September, plaas.  Soos gewoonlik, 19h00 in die Hofmeyrsaal Foyer.  Laat weet asseblief as jy beplan om deel te wees van die reeks (al kan jy dalk nie die eerste keer kom nie).  Dit sal baie help met my voorbereiding.
 
Kontak gerus vir Helgard by helgard@moederkerk.co.za; 083 640 6525 vir meer inligting.