14 May 2012

The wonders of slime mould and fig wasps



Ek voel nogals gereeld soos die 'slime mould girl' - ek raak opgewonde oor sciency stuff terwyl mense om my nie regtig sien waaroor om opgewonde te raak nie. Soos, as ek vir mense probeer vertel hoe mooi my fig wasps is, en ek kan sien hul glo my nie regtig nie, en dan wys ek hulle dit:


G’n Wonder

’n Definisie van wonder:  om nuuskierig oor iets na te dink.  Engelse sinonieme van “wonder”: ponder, meditate, question.

Om te wonder veronderstel altyd misterie, die onbekende, die nuwe.  Ons wonder oor dit wat ons nie verstaan nie, oor dit wat ons verras, oor dit wat nuut oor ons pad kom.

Die interessante is dat wonder in Afrikaans net ’n werkwoord is.  Wonder gebeur amper spontaan sodra iets skeefloop of iets verrassend ons pad kruis.  Wonder happens spontaneously when our understanding is brought up short.  Ons begin spontaan wonder sodra ons ’n nuwe horison teëkom.  Dan slaan ons amper onmiddellik oor in een of ander aksie wat hopelik sal help om te verklaar, verduidelik, bewys.

Wonder is deel van lewe.  Ons doen dit daagliks.  Die hele wetenskap wentel rondom hierdie menslike behoefte om te verstaan en verklaar, om sin te maak en te verduidelik.  Wetenskaplikes is altyd besig om te ponder, question en waag ons om dit te sê: meditate!  Wonder is die energie agter baie se soeke na verklarings, verduidelikings en bewyse.

Hierteenoor veronderstel ’n lewe sonder wonder dat niks verander nie, dat ons als weet.  Dit veronderstel ’n wêreld sonder misterie, sonder verrassings, sonder die nuwe.  Wonder veronderstel beweging, en ’n lewe daarsonder: stagnasie.

Is ’n geloof wat ophou wonder, wat weier om kort te skied, nie ook ’n geloof sonder die erkenning van misterie nie?  Is geloof wat ophou vrae vra, nie ook een wat ophou mediteer nie?  Is ’n geloof sonder nadenke nie ’n irrelevante, sinnelose geloof nie.  Is geloof sonder wonder nie dalk ongeloof nie?

Gelowiges gee graag vir wetenskaplikes die skuld vir God se dood.  Is dit nie dalk gelowiges wat die lewende, bewegende, verrassende, misterieuse, vernuwende God doodgemaak het toe ons opgehou het om te wonder nie?

G’n wonder, ons het opgehou glo...