06 August 2012

Grey ART

At the previous Grey Matters gathering we embarked on a journey through the world of the visual arts.  We all had our own questions, but we were brought together by the question of whether the visual arts could help translate or express something of the transcendent into our lives.  Could the visual, as once at Emmaus when the risen Jesus tore apart a piece of bread, open our eyes to what transcends sight?


Rembrandt Harmensz. van Rijn: Supper at Emmaus (1648)
We were all asked to bring along an artwork that resonates with us.  Instead of sharing what the artwork meant to you, the rest had to guess.  It was a interesting exercise that often revealed more about the interpreter than anything else!  Here are some of the artworks that were shared.  Enjoy and, if you'd like, leave some comments or guesses on their meaning!

Kris Martin: All Saints (2007)
Kris Martin: Festum (2010)
Kris Martin: Festum (2010)
Eugène Burnand: Disciples John and Peter on their way to the tomb on Easter morning (1898)
Hibbary Large: March of the Demon Horses
Alida Bothma: No Greater Love
Jacques Dhont: Die Draadsitter
Unkown: Milwaukee Art Museum









14 May 2012

The wonders of slime mould and fig wasps



Ek voel nogals gereeld soos die 'slime mould girl' - ek raak opgewonde oor sciency stuff terwyl mense om my nie regtig sien waaroor om opgewonde te raak nie. Soos, as ek vir mense probeer vertel hoe mooi my fig wasps is, en ek kan sien hul glo my nie regtig nie, en dan wys ek hulle dit:


G’n Wonder

’n Definisie van wonder:  om nuuskierig oor iets na te dink.  Engelse sinonieme van “wonder”: ponder, meditate, question.

Om te wonder veronderstel altyd misterie, die onbekende, die nuwe.  Ons wonder oor dit wat ons nie verstaan nie, oor dit wat ons verras, oor dit wat nuut oor ons pad kom.

Die interessante is dat wonder in Afrikaans net ’n werkwoord is.  Wonder gebeur amper spontaan sodra iets skeefloop of iets verrassend ons pad kruis.  Wonder happens spontaneously when our understanding is brought up short.  Ons begin spontaan wonder sodra ons ’n nuwe horison teëkom.  Dan slaan ons amper onmiddellik oor in een of ander aksie wat hopelik sal help om te verklaar, verduidelik, bewys.

Wonder is deel van lewe.  Ons doen dit daagliks.  Die hele wetenskap wentel rondom hierdie menslike behoefte om te verstaan en verklaar, om sin te maak en te verduidelik.  Wetenskaplikes is altyd besig om te ponder, question en waag ons om dit te sê: meditate!  Wonder is die energie agter baie se soeke na verklarings, verduidelikings en bewyse.

Hierteenoor veronderstel ’n lewe sonder wonder dat niks verander nie, dat ons als weet.  Dit veronderstel ’n wêreld sonder misterie, sonder verrassings, sonder die nuwe.  Wonder veronderstel beweging, en ’n lewe daarsonder: stagnasie.

Is ’n geloof wat ophou wonder, wat weier om kort te skied, nie ook ’n geloof sonder die erkenning van misterie nie?  Is geloof wat ophou vrae vra, nie ook een wat ophou mediteer nie?  Is ’n geloof sonder nadenke nie ’n irrelevante, sinnelose geloof nie.  Is geloof sonder wonder nie dalk ongeloof nie?

Gelowiges gee graag vir wetenskaplikes die skuld vir God se dood.  Is dit nie dalk gelowiges wat die lewende, bewegende, verrassende, misterieuse, vernuwende God doodgemaak het toe ons opgehou het om te wonder nie?

G’n wonder, ons het opgehou glo...

20 April 2012

Is die Bybel WAAR?

’n Vriend vra eendag of ek glo dat die Bybel die waarheid is.  Ek gebruik toe ’n dominee ontduikings tegniek en vra wat hý glo.  Sy antwoord was nee.

Later, toe ek weer oor die voorval dink, kom Pontius Pilatus se woorde by my op:  Wat is waarheid?  Die woord, “waarheid”, word dikwels gebruik om te verwys na dit wat met realiteit ooreenstem.  Waarheid is dan ’n feit wat met empiriese bewyse bevestig of verklaar kan word (bv. die aarde is rond).  Dan is daar ook “Waarheid” (met ’n hoofletter W) wat verwys na gevolgtrekkings tot metafisiese vrae soos God se bestaan en aard.  Waarheid wat nie bewys kan word nie, maar tog veronderstel word.

Dit lyk egter asof Jesus ’n derde verstaan van waarheid in gedagte het wanneer hy sê: “Ek is die waarheid.”  Jesus is die WAARHEID.  Anders as “waarheid” kan WAARHEID nie begryp of geken word nie – mens word deur die WAARHEID geken!  Anders as “Waarheid” gaan WAARHEID nie oor spekulasie nie – WAARHEID vind gestalte in vlees en bloed, brood en wyn.  Om die WAARHEID te ken is om geken te word en dit maak jou vry!  Om in die Bybel te glo, gaan dus nie oor kennis van ’n stel empiriese “waarhede” nie.  Dit gaan net so min oor die vashou aan metafisiese “Waarhede”.  Is Johannes nie dalk reg (1Joh. 4:7) wanneer hy sê: “Kom ons wees lief vir mekaar, want liefde kom van God.  Almal wat liefhet is van God gebore en ken vir God.”

’n Week of wat later sien ek weer my vriend.  Hy was besig om met deurnis met ’n oom te gesels wat onlangs sy vrou verloor het.  Ek kon die omgee in sy oë sien.  Dalk glo my vriend meer in die Bybel as wat hy dink?

Is die Bybel “waar”?  Bewys dit eers.  Is die Bybel “Waar”?  Wie weet?  Is die Bybel WAAR?  Jy sal weet wanneer dit is!

Grey Matters wandel deur die tuin

Die lede van Grey Matters het 8 Maart by by Rustenburg wynplaas, in hulle pragtige Schoongezicht tuin bymekaargekom om daardeur te wandel.  Die tema van die aand was Adam, Eva en die Tuin en die Genesis skeppingsverhale was die bladmusiek waarop ons gewandel het.

Die eerste beweging van ons wandel was rus.  ’n Oomblik van aanbidding aan die God wat rus (Gen. 1:31-2:3).  Rus is geëer as die kroon van God se skepping.  En hoe, vra jy?  Deur te rus natuurlik!

Beweging twee was ’n meditasie oor Gen. 2:9.  Goed om te eet én mooi om na te kyk” was die bome wat God in die Tuin geplant het.  In teenstelling hiermee rus ons samelewing egter op die ontginning van die gebruikswaarde van die wêreld (goed om van te eet).  Iewers het ons vergeet: “Goed om te eet én mooi om na te kyk.”  Ons skryf toe elkeen dit wat vir ons mooi is neer.

Ons dink toe oor werk.  Kyk ons na werk deur die lens van die sondeval dan is dit: “In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.  Dit lyk egter asof Gen. 2:15 iets anders in gedagte gehad het: “Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.  Hier gaan dit oor genade, roeping en rentmeesterskap.  Sweet is maar ’n byproduk!

In beweging vier het ons voor Die Boom van Kennis van Goed en Kwaad kom kniel.  Nie om iets te pluk nie, maar om iets te gee.  Daarop het ons papiertjies met dit wat mooi is gehang as simbool dat dít genoeg is.  Ons hoef ons nie aan kennis of alwetendheid te vergryp nie.

Ons sluit toe af met ’n wandel deur die labirint om “te hoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom...” (Gen. 3:8).

24 February 2012

Karl Popper se 4 funksies van Tradisie

Vir baie mense is tradisie iets waarvan hulle net nie vinnig genoeg kan weg kom nie.  Vir ander is dit iets waaraan hulle jaar na jaar vashou - al is dit om vurige bulle in klein, oorbevolkte straatjies los te laat (klink soos Loftus op ʼn Super 15 Saterdag).  Hoekom nog deelwees van ʼn tradisie?

Wel, volgens die invloedryke Filosoof, Karl Popper, vervul tradisies vier belangrike funksies binne ʼn samelewing:

 
In die eerste plek help tradisies ons om orde te sien waar daar andersins net chaos is.  Tradisies bied vir ons empiriese of metafisiese veronderstellings wat soos lense ons help om realiteit te interpreteer.  Waar daar nie orde is nie kan mense nie rasioneel optree nie; en dit veroorsaak angs.  Dus help tradisies ons om sinvol met die wêreld en samelewing om te gaan.  Bv. die Christelike veronderstelling dat God genadig is maak dit vir Christene moontlik om die angs van skuld en verwerping te oorkom en om ten spyte daarvan met integriteit te kan lewe.

Tweedens bied tradisies vir ons riglyne vir optrede.  Sulke riglyne kan moreel, esteties of bloot funksioneel van aard wees.  Alhoewel ons vervreemd kan raak van die betekenis wat agter tradisionele riglyne lê, kan hulle van onskatbare waarde wees.  Popper gee die volgende voorbeeld:

“When I was in New Zealand I got hold of a set of American records of Mozart’s ‘Requiem.’ When I had played these records I knew what the lack of a musical tradition meant. This set of records had been made in America, under the directorship of a musician who obviously was untouched by the tradition, which has come down from Mozart. The result was devastating.”

Derdens help tradisie ons om ons eie geskiedenis en kultuur te verstaan en verskaf dan ook die grondslag wat sinvolle veranderings moontlik maak.  Popper gebruik die volgende voorbeeld: “In science it would be a tremendous loss if we were to say:  ‘We do not make very much progress. Let us sweep away all science and start afresh.’ You may create a new theory, but the new theory is created in order to solve those problems which the old theory did not solve. Popper waarsku teen revolusies wat met ʼn skoon bladsy wil begin: “Indeed a set of values can have social significance only in so far as there exists a social tradition which upholds them... we should not be surprised if we find that once we destroy tradition, civilisation dissapears with it.

In die vierde plek speel tradisie ʼn belangrike rol in die vorming van identiteit.  Deur ʼn sekere tradisie aan te hang verskeker jy vir ander (binne-en-buitestanders) van jou rasionaliteit en relatiwe voorspelbaarheid.  Dit help om ʼn gemeenskaplike verwysingsraamwerk op te stel wat kommunikasie en vertoue versterk.  Dus help tradisies ook om die voortbestaan en gesonde funksionering van gemeenskappe te verseker.

By ons vorige Grey Matters byeenkoms kon ons almal aanklank vind by hierdie vier funksies van tradisie.  Tradisie, soos hier beskryf, is iets waarsonder ons nie kan nie, al voel dit soms soos ʼn onnodige las.  Is tradisie nie dalk underrated nie?
Bronne:
Sarot, Marcel.  "Why should one want to participate in a religious tradition? Poppers view of tradition applied to Christianity" in Ars Disputandi 3(2003).
Karl R. Popper, ‘Towards a Rational Theory of Tradition", The rationalist Annual 66 (1949), 3655, rpt. in: Conjectures and Refutations: The Growth of Scientific Knowledge (London 31972)

Deuteromammon 6:1-25

The Great Prophet Maccy-D lays down the Law

Now this is the commandment—the slogans and the advertisements—that Consumerism, your God charged me to teach you to observe in the land that you are about to cross into and occupy, so that you and your children and your children’s children may fear Consumerism your God all the days of your life, and fall for all his sales schemes, so that your storerooms and rubbish dumps may be full. Hear therefore, O Global Village, and observe them diligently, so that you me be consumed, and so that you may prosper greatly in a land flowing with cars and cash, as Capitalism, the God of your ancestors, has promised you.

Hear, O Global Village: Consumerism is our God, Consumerism alone. You shall love her with all your intellect, and with all your heart, and with all your credit cards. Keep these words that I am commanding you today in your i-Pads. Recite them to your children and talk about them when you are at home and when you are in the car, when you lie down and when you rise. Bind her products as a sign around your wrists, fix her logos on your sports caps, print them on your billboards and watch them on the television with the family

Do what is profitable and productive in the sight of Consumerism, so that you may be instantly gratified, and so that you may go in and exploit the good land that Capitalism swore to your ancestors to give you, thrusting out all your competitors from before you, as Capitalism has promised. When Capitalism your God brought about the industrial revolution he swore to your ancestors, to James Watt, to Henry Ford, and to Adam Smith, to give you—a land with fine, large cities that you did not build, houses filled with all sorts of goods that you do not need, gadgets that you can’t use, gardens and vineyards that you never see—and when you have eaten your fill, take care that you do not forget Capitalism, who brought you out of the coal mines, out of the house of slavery. Do not follow the gods, any of the archaic religions who are all around you, because Consumerism your God, who is ever-present, is a jealous God.
What tradition are we handing down?
When your children ask you in time to come, “What is the meaning of the decrees and the statutes and the ordinances that Consumerism our God has commanded you?” then you shall say to your children, “We were slaves of the church and the king, but Modernity brought us out of the dark with rationality. Modern science displayed before our eyes great and awesome technology to control nature and to exploit its wealth.  Capitalism brought us out from there to give us the prosperity that he promised on oath to our ancestors. If we diligently observe this entire commandment before Consumerism our God, as he has commanded us, we will be satisfied.”