Die eerste beweging van ons wandel
was rus. ’n Oomblik van aanbidding aan die God wat rus (Gen. 1:31-2:3). Rus is geëer as die kroon van God se
skepping. En hoe, vra jy? Deur te rus natuurlik!
Beweging twee was ’n meditasie oor
Gen. 2:9. “Goed om te eet én mooi om na te kyk” was die bome wat God in die Tuin geplant het. In teenstelling hiermee rus ons samelewing egter op die
ontginning van die gebruikswaarde van die wêreld (goed om
van te eet). Iewers het ons vergeet:
“Goed om te eet én mooi om na
te kyk.”
Ons skryf toe elkeen dit wat vir ons mooi is neer.
Ons dink toe oor werk. Kyk ons na werk deur die lens van die
sondeval dan is dit: “In die sweet van
jou aangesig sal jy jou brood verdien.”
Dit lyk egter asof Gen. 2:15 iets anders in gedagte gehad het: “Die Here God het die mens in die tuin laat
woon om dit te bewerk en op te pas.”
Hier gaan dit oor genade, roeping en rentmeesterskap. Sweet is maar ’n byproduk!
In beweging vier het ons voor Die Boom van Kennis van Goed en Kwaad
kom kniel. Nie om iets te pluk nie, maar
om iets te gee. Daarop het ons papiertjies met dit wat mooi
is gehang as simbool dat dít genoeg
is. Ons hoef ons nie aan kennis of
alwetendheid te vergryp nie.
Ons sluit toe af met ’n wandel deur
die labirint om “te hoor hoe die Here God
in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom...” (Gen. 3:8).
Doen dit asb WEER, want ek het dit gemis!
ReplyDelete