Om te wonder veronderstel altyd misterie, die onbekende, die
nuwe. Ons wonder oor dit wat ons nie
verstaan nie, oor dit wat ons verras, oor dit wat nuut oor ons pad kom.
Die interessante is dat wonder in Afrikaans net ’n werkwoord
is. Wonder gebeur amper spontaan sodra
iets skeefloop of iets verrassend ons pad kruis. Wonder
happens spontaneously when our understanding is brought up short. Ons begin spontaan wonder sodra ons ’n
nuwe horison teëkom. Dan slaan ons amper
onmiddellik oor in een of ander aksie wat hopelik sal help om te verklaar, verduidelik, bewys.
Wonder is deel van lewe.
Ons doen dit daagliks. Die hele wetenskap
wentel rondom hierdie menslike behoefte om te verstaan en verklaar, om sin te
maak en te verduidelik. Wetenskaplikes
is altyd besig om te ponder, question en
waag ons om dit te sê: meditate! Wonder is die energie agter baie se soeke na
verklarings, verduidelikings en bewyse.
Hierteenoor veronderstel ’n lewe sonder wonder dat niks
verander nie, dat ons als weet. Dit
veronderstel ’n wêreld sonder misterie, sonder verrassings, sonder die
nuwe. Wonder veronderstel beweging, en
’n lewe daarsonder: stagnasie.
Is ’n geloof wat ophou wonder, wat weier om kort te skied,
nie ook ’n geloof sonder die erkenning van misterie nie? Is geloof wat ophou vrae vra, nie ook een wat
ophou mediteer nie? Is ’n geloof sonder
nadenke nie ’n irrelevante, sinnelose geloof nie. Is geloof sonder wonder nie dalk ongeloof
nie?
Gelowiges gee graag vir wetenskaplikes die skuld vir God se
dood. Is dit nie dalk gelowiges wat die
lewende, bewegende, verrassende, misterieuse, vernuwende God doodgemaak het toe
ons opgehou het om te wonder nie?
G’n wonder, ons het opgehou glo...
No comments:
Post a Comment