Vir baie mense is tradisie iets waarvan hulle net nie vinnig genoeg kan weg kom nie. Vir ander is dit iets waaraan hulle jaar na jaar vashou - al is dit om vurige bulle in klein, oorbevolkte straatjies los te laat (klink soos Loftus op ʼn Super 15 Saterdag). Hoekom nog deelwees van ʼn tradisie?
Wel, volgens die
invloedryke Filosoof, Karl Popper, vervul tradisies vier belangrike funksies binne ʼn
samelewing:
In die eerste plek help tradisies ons om orde te sien waar daar andersins net
chaos is. Tradisies bied vir ons empiriese
of metafisiese veronderstellings wat soos lense ons help om realiteit te interpreteer. Waar daar nie orde is nie kan mense nie
rasioneel optree nie; en dit veroorsaak angs.
Dus help tradisies ons om sinvol met die wêreld en samelewing om te gaan. Bv. die Christelike veronderstelling dat God
genadig is maak dit vir Christene moontlik om die angs van skuld en verwerping
te oorkom en om ten spyte daarvan met integriteit te kan lewe.
Tweedens bied
tradisies vir ons riglyne vir optrede. Sulke riglyne kan moreel, esteties of bloot
funksioneel van aard wees. Alhoewel ons
vervreemd kan raak van die betekenis wat agter tradisionele riglyne lê, kan hulle van onskatbare waarde wees. Popper gee die volgende voorbeeld:
“When I was in New
Zealand I got hold of a set of American records of Mozart’s ‘Requiem.’ When I
had played these records I knew what the lack of a musical tradition meant.
This set of records had been made in America, under the directorship of a
musician who obviously was untouched by the tradition, which has come down from
Mozart. The result was devastating.”
Derdens help tradisie ons om ons eie geskiedenis en kultuur te verstaan en verskaf
dan ook die grondslag wat sinvolle
veranderings moontlik maak. Popper
gebruik die volgende voorbeeld: “In science it would be a tremendous loss if we were to say: ‘We do not make very much progress. Let us
sweep away all science and start afresh.’ You may create a new theory, but the
new theory is created in order to solve those problems which the old theory did
not solve.” Popper waarsku teen revolusies wat met ʼn
skoon bladsy wil begin: “Indeed a set of
values can have social significance only in so far as there exists a social
tradition which upholds them... we should not be surprised if we find that once
we destroy tradition, civilisation dissapears with it.”
In die vierde plek speel tradisie ʼn belangrike
rol in die vorming van identiteit. Deur ʼn sekere tradisie aan te hang verskeker
jy vir ander (binne-en-buitestanders) van jou rasionaliteit en relatiwe
voorspelbaarheid. Dit help om ʼn
gemeenskaplike verwysingsraamwerk op te stel wat kommunikasie en vertoue
versterk. Dus help tradisies ook om die
voortbestaan en gesonde funksionering van gemeenskappe te verseker.
By ons vorige Grey Matters byeenkoms kon ons almal aanklank vind by hierdie vier funksies van tradisie. Tradisie, soos hier beskryf, is iets waarsonder ons nie kan nie, al voel dit soms soos ʼn onnodige las. Is tradisie nie dalk underrated nie?
Bronne:
Sarot, Marcel. "Why should one want to participate in a religious tradition? Poppers view of tradition applied to Christianity" in Ars Disputandi 3(2003).
Karl R. Popper, ‘Towards a Rational Theory of Tradition", The rationalist Annual 66 (1949), 3655, rpt. in: Conjectures and Refutations: The Growth of Scientific Knowledge (London 31972)