Hello everyone! Follow this link to my contribution on God the Father.
-Erin
Grey Matters
Definition: 1. The stuff we use to think - No need to leave it at home. 2. The grey areas of life are valued and appreciated.
01 June 2013
22 October 2012
Die kunstenaar-God
Sou die skepper God ’n kunstenaar wees sou dit sin maak dat die wêreld en die lewe so mooi, so verstommend mooi kan wees, want soos Oscar Wilde sê: “The artist is the creator of beautiful things.”
Sou die onsiende God ’n kunstenaar wees sou dit sin maak dat God so versteek in die wêreld is. Sy teenwoordigheid altyd in afwesigheid, want soos Wilde ook sê: “to reveal art and conceal the artist is art’s aim.”
Sou die misterieuse God ’n kunstenaar wees sou die misterie van die wêreld meer sin maak, want goeie kuns weet dat die lewe, en God ook, nie ’n probleem is om op te los nie, maar ’n misterie om te geniet.
Sou die gekruisigde God ’n kunstenaar wees sou dit sin maak dat God nie ’n ompad om pyn en seerkry neem nie, maar dit uitwys vir wat dit is. Want soos Heidegger sê: “die Kuns laat die Waarheid ontspring.”
Sou die opwekkende God ’n kunstenaar wees maak dit sin dat ons in Hom kan opstaan en lewe al woed die dood so erg om ons. Want soos Carl Jung eens gesê het: “Art releases those forces which have enabled humankind to find refuge from every peril and to outlive the longest night.”
Die kunstenaar-God rig aan ons die vraag: “Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel?” (lees weer Jeremia 18)
Dis ’n uitnodiging om herskep te word, om nuut verwoord te word. Dis ’n uitnodiging om weer, nadat ons onsself selfstandig en verlig verklaar het, ’n kunswerk te word.
Is dít nie dalk ons belangrikste verhouding nie? Gód die kunstenaar – óns die kunswerk.
(Hierdie stuk het oorspronklik in Stellenbosch Moedergemeente se jaarblad verskyn)
04 September 2012
Ek Glo...
’n Mens kry dikwels die ervaring dat ’n geloofsbelydenis iets is soos ’n ‘check-list’. Indien jy genoeg regmerkies het, bevestig dit dat jy wel ’n Christen is – dat jy wel glo: “Sjoe!” Sê ons verlig, “my saak is darem reg met die Here. Ek is darem OK...”
Maar wat gebeur as jy nie jou merkie agter elke stelling kan
maak nie? Wat gebeur as jy die toets
dop? Waar pas jy dan in? Hoe staan jou “saak” dan?
Oor die volgende paar maande gaan Grey Matters op reis om saam
te ontdek waarin ons vertrou. Ons wil
die eeue-oue gebruik van geloofsbelydenis weer besoek en oorweeg hoe dit ons
kan help om nuut uitdrukking te gee aan ons diepste oortuigings. Ons beweeg weg van lysies wat mense uitsluit om
in ware Grey Matters styl eerder by mekaar te leer en na ’n dieper besef van
die lewe in al sy grysheid te groei.
Die eerste byeenkoms van hierdie nuwe reeks vind hierdie Donderdagaand, 6 September, plaas.
Soos gewoonlik, 19h00 in die Hofmeyrsaal Foyer. Laat weet asseblief
as jy beplan om deel te wees van die reeks (al kan jy dalk nie die eerste keer
kom nie). Dit sal baie help met my
voorbereiding.
Kontak gerus vir Helgard by helgard@moederkerk.co.za; 083 640 6525 vir meer inligting.
06 August 2012
Grey ART
At the previous Grey Matters gathering we embarked on a journey through the world of the visual arts. We all had our own questions, but we were brought together by the question of whether the visual arts could help translate or express something of the transcendent into our lives. Could the visual, as once at Emmaus when the risen Jesus tore apart a piece of bread, open our eyes to what transcends sight?
We were all asked to bring along an artwork that resonates with us. Instead of sharing what the artwork meant to you, the rest had to guess. It was a interesting exercise that often revealed more about the interpreter than anything else! Here are some of the artworks that were shared. Enjoy and, if you'd like, leave some comments or guesses on their meaning!
Rembrandt Harmensz. van Rijn: Supper at Emmaus (1648) |
Kris Martin: All Saints (2007) |
Kris Martin: Festum (2010) |
Kris Martin: Festum (2010) |
Eugène Burnand: Disciples John and Peter on their way to the tomb on Easter morning (1898) |
Hibbary Large: March of the Demon Horses |
Alida Bothma: No Greater Love |
Jacques Dhont: Die Draadsitter |
Unkown: Milwaukee Art Museum |
14 May 2012
The wonders of slime mould and fig wasps
Ek voel
nogals gereeld soos die 'slime mould girl' - ek raak opgewonde oor sciency stuff
terwyl mense om my nie regtig sien waaroor om opgewonde te raak nie. Soos, as ek
vir mense probeer vertel hoe mooi my fig
wasps is, en ek kan sien hul glo my nie regtig nie, en dan wys ek hulle
dit:
G’n Wonder
Om te wonder veronderstel altyd misterie, die onbekende, die
nuwe. Ons wonder oor dit wat ons nie
verstaan nie, oor dit wat ons verras, oor dit wat nuut oor ons pad kom.
Die interessante is dat wonder in Afrikaans net ’n werkwoord
is. Wonder gebeur amper spontaan sodra
iets skeefloop of iets verrassend ons pad kruis. Wonder
happens spontaneously when our understanding is brought up short. Ons begin spontaan wonder sodra ons ’n
nuwe horison teëkom. Dan slaan ons amper
onmiddellik oor in een of ander aksie wat hopelik sal help om te verklaar, verduidelik, bewys.
Wonder is deel van lewe.
Ons doen dit daagliks. Die hele wetenskap
wentel rondom hierdie menslike behoefte om te verstaan en verklaar, om sin te
maak en te verduidelik. Wetenskaplikes
is altyd besig om te ponder, question en
waag ons om dit te sê: meditate! Wonder is die energie agter baie se soeke na
verklarings, verduidelikings en bewyse.
Hierteenoor veronderstel ’n lewe sonder wonder dat niks
verander nie, dat ons als weet. Dit
veronderstel ’n wêreld sonder misterie, sonder verrassings, sonder die
nuwe. Wonder veronderstel beweging, en
’n lewe daarsonder: stagnasie.
Is ’n geloof wat ophou wonder, wat weier om kort te skied,
nie ook ’n geloof sonder die erkenning van misterie nie? Is geloof wat ophou vrae vra, nie ook een wat
ophou mediteer nie? Is ’n geloof sonder
nadenke nie ’n irrelevante, sinnelose geloof nie. Is geloof sonder wonder nie dalk ongeloof
nie?
Gelowiges gee graag vir wetenskaplikes die skuld vir God se
dood. Is dit nie dalk gelowiges wat die
lewende, bewegende, verrassende, misterieuse, vernuwende God doodgemaak het toe
ons opgehou het om te wonder nie?
G’n wonder, ons het opgehou glo...
20 April 2012
Is die Bybel WAAR?
’n Vriend vra eendag of
ek glo dat die Bybel die waarheid is. Ek
gebruik toe ’n dominee ontduikings tegniek en vra wat hý glo. Sy antwoord was nee.
Later, toe ek weer oor
die voorval dink, kom Pontius Pilatus se woorde by my op: “Wat is
waarheid?” Die woord, “waarheid”,
word dikwels gebruik om te verwys na dit wat met realiteit ooreenstem. Waarheid is dan ’n feit wat met empiriese
bewyse bevestig of verklaar kan word (bv. die aarde is rond). Dan is daar ook “Waarheid” (met ’n hoofletter
W) wat verwys na gevolgtrekkings tot metafisiese vrae soos God se bestaan en
aard. Waarheid wat nie bewys kan word
nie, maar tog veronderstel word.
Dit lyk egter asof
Jesus ’n derde verstaan van waarheid in gedagte het wanneer hy sê: “Ek is die
waarheid.” Jesus is die WAARHEID. Anders as “waarheid” kan WAARHEID nie begryp
of geken word nie – mens word deur die WAARHEID geken! Anders as “Waarheid” gaan WAARHEID nie oor
spekulasie nie – WAARHEID vind gestalte in vlees en bloed, brood en wyn. Om die WAARHEID te ken is om geken te word en
dit maak jou vry! Om in die Bybel te
glo, gaan dus nie oor kennis van ’n stel empiriese “waarhede” nie. Dit gaan net so min oor die vashou aan
metafisiese “Waarhede”. Is Johannes nie
dalk reg (1Joh. 4:7) wanneer hy sê: “Kom
ons wees lief vir mekaar, want liefde kom van God. Almal wat liefhet is van God gebore en ken
vir God.”
’n Week of wat later
sien ek weer my vriend. Hy was besig om
met deurnis met ’n oom te gesels wat onlangs sy vrou verloor het. Ek kon die omgee in sy oë sien. Dalk glo my vriend meer in die Bybel as wat
hy dink?
Is die Bybel
“waar”? Bewys dit eers. Is die Bybel
“Waar”? Wie weet? Is die Bybel
WAAR? Jy sal weet wanneer dit is!
Subscribe to:
Posts (Atom)